Monday, March 19, 2007

Die tuiste van die groot Krokodiljagter


Ons was onlangs by die Australia Zoo, tuiste van die groot Krokodiljagter, Steve Irwin. Ongelukkig is hy nie meer daar nie, maar sy nalatenskap sal altyd voortleef.

Moenie dink daar is net krokodille nie, daar is verskillende soorte diere. Hier is nog foto's wat ons geneem het.

Kyk net hoe snoesig slaap die koala. In die dieretuin mag 'n mens aan hulle raak.

Monday, March 12, 2007

Naweek by Redcliffe


Redcliffe is so 30 km noord van Brisbane se middestad. Dit is 'n baie rustige omgewing en baie van die inwoners werk in die stad.

Dit was ook 'n goeie geleentheid vir my om nuwe vaardighede aan te leer, soos om 'n paar visse vanaf die rotse te vang. Tot my verbasing, en die ander mense om my, het ek 3 visse uitgetrek. Wys jou wat 'n nuwe omgewing doen.

As jy meer wil lees oor Redcliffe, lees hier meer http://www.redcliffe.qld.gov.au/index.htm
en as jy nog in Suid-Afrika is en meer wil weet oor Ligtegerei Boot Hengel, gaan kyk by die volgende skakel van SALTBAA.

Friday, March 9, 2007

So lyk 'n CitiCat op Vrydag

So lyk die CitiCat op 'n Vrydag. Dis net toeriste waar jy kyk.

Uitsig vanaf Mt Coo-tha


Hierdie foto is vandag geneem vanaf Mt Coo-tha, net wes van die stad. Die uitsig is ongelooflik mooi. 'n Mens kan na alle kante kyk. Dit is eers as 'n mens hier bo op die berg staan dat 'n mens kan sien hoe uitgesprei Brisbane en omgewing is.

Ten spyte van 'n baie ernstige droogte is daar eenvoudig geen keer aan die ontwikkeling van hierdie streek nie. Daar is net te min akkommodasie en die mense stroom elke maand in.


Baie Suid-Afrikaners woon hier in die weste van Brisbane, plekke soos Kenmore, Kenmore Hills, Brookfields, Jindalee, Sinnamon Park.

'n Baie nuttige webruimte is http://www.ourbrisbane.com.au

'n Mens kry hier inligting oor elke woonbuurt.

Die interessante CitiCat















Hier is ek op die CitiCat op die Brisbane Rivier, iewers naby Kanagaroo Point.

Die interessantste aspek van Brisbane is die wonderlike openbare vervoerstelsel. 'n Mens koop een kaartjie vir die dag, dan kan jy op enige bus, trein of die CitiCat ry.

Ek is tydelik hier in die weste van Brisbane, by Kenmore. Dis 'n kwessie van op die bus en binne 15 minute is jy in die stad.

As jy meer wil weet oor busroetes, gaan kyk gerus by http://www.translink.com.au

Wednesday, March 7, 2007

Welkom by Nou wat nou, Brisbane?

Welkom by Nou wat nou, Brisbane?

Hier sal ek julle meer vertel van my ontdekkingsreis in Brisbane, Australie. Die klem is op ontdekking en vars inligting.